942ha Klerksdorp Droom Bees / Skaap Plaas
Auction type: Cattle Farm | Farms | Sheep | Sheep Farm
Location: Klerksdorp
Ideale plaas vir die “Cattleman”
EEN VAN DIE BESTE PLASE IN DIE NW!
Stap in en Boer!
Intensiewe droom beesplaas met 5 ster geriewe!
‘n Top Beesplaas met volledige infrastruktuur!
942ha (340ha & 601ha)
Die plaas is gespaar oor 12 maande met digte gras beweiding. 37 Beeskampe elk met sy eie suiping. 4 Kampstelsel wissel van 28ha tot 42ha kampe. Druk beweiding met hoë drakrag. Plaas met vol gras bedekking asook baie vleiweiding en smutsvinger. 4 Windpompe. 1 Kragkop met elektriese motor. 6 Damme wat suipings voer met tenkstaander wat kantore en huise voer. 1 Nuwe boorgat nie toegerus maar afgeseel. Groot voerstoor. Warm plaas met wyd verspreide bos met goeie skuiling vir die winter.
BEES FASILITEITE
Baie lang drukgang met sprei dip. Hanterings krale . Twee laaibanke. Voerkrale gedeeltelik onder dak.
SKAAP FASILITEITE
27 Ooi kampe wat elk 25 ooie huisves met water, voerbakke en afdak vir koelte. 8 Voerkralle gedeelte onder dak in gebou en kan 600 lammers hanteer. Ram kraal waar dekramme gehou word. 9 Kampe vir weiding vir oop ooie en ramme. 15 Dekkampies wat 5 ooie en ram hanteer. Gedeeltelik onderdak in gebou. 75 Lamhokke binne gebou. Afdak waar hantering van skape plaas vind. Wol en skeer stoor. Die kantore, store, groeihuis, alle hanterings fasiliteite en skaapfasiliteite is binne geëlektrifiseerde wildheining gedeelte met kammeras.
GEBOUE EN ANDER FASILITEITE
Kantoor, 3 klein store, groter stoor met laboratorium in een gebou (by die bees hanterings geriewe).
Baie groot voerstoor. Twee ander groot store gebruik vir Kalahari Red bokke. Kan vir skape ingerig word. Alle fasiliteite, bees en skaap en weiding is gekoppel met gange. 3 Klinkerbaksteen 3 slaapkamer arbeiders huise. 1 Skakel arbeiders huis met 2 2 slaapkammer eenhede.
GREENFEED GROEIHUIS (WORD AFSONDERLIK & GESAMENTLIK OPGEVEIL)
Lewer 2 ton groenvoer per dag. (Was gebruik om gars te groei vir skape). Toegerus met 5 x 30000 BTU lugversorgers en 5 aksiale waaiers. Water voorsiening tydskakelaar.
Voledige laai en uitlaai afdakke. 30 KVA 3 fase kragopwekker as rugsteun vir groeihuis en kantore.
ROUTE:
- From the bridge in Klerksdorp 35km on the Wolmaranstad road. Farm on the left.
- From Wolmaranstad 45km on the Klerksdorp road. Farm on the right.
GPS: 26°57’02.3″S 26°19’24.7″O
PAYMENT TERMS:
5% Deposito plus 3.5% Afslaerskommissie en Waarborge binne 60 dae.
NAVRAE:
Clive Gardner Afslaers 018 290 9610
Hendrik Nel 082 491 8289
Dandré Nel 076 503 7900