428ha Vaalrivier Leefstyl / Toerisme Plaas met 600m aan die Vaalrivier – Vredefort / Potch
Auction type: Farms | Vaalriver Property
Location: Vaalrivier
428ha Vaalrivier Leefstyl / Toerisme Plaas met 600m aan die Vaalrivier
Hierdie is voorwaar ‘n gesogte eiendom wat grens aan die Vaalrivier vir 600m en aan die westekant van die Vredefort Koepel. Pragtige natuurskoon. Uitstekende weiding en baie trek wild soos koedoes, vlakvarke, waterbokke en ribbokke kom voor. Baie gerieflike woonhuis met groot vertrekke en ‘n gevestigde tuin met groot bome.
50ha Lande. Veldgras en aangeplante smutsvinger. Verdeel in 3 kampe elk met eie water. 3 Toegersute boorgate.
Waterkwota met permit vir 148.78kub meter per 24 uur vir besproeiing word afsonderlik opgeveil.
Berg, rante en vlaktes kom voor. Gemiddelde reenval van 600 – 800mm per jaar. Somer reenvalstreek, maar koud met ryp in die winter.
Geskik vir bees- of wild. 50ha Lande wat tans bewei word. Uitstekende drakrag van 1:4 grootvee eenheid. Veldgras en aangeplante smutsvingergras. Plaas het 3 kampe elk toegerus met ‘n boorgat en dompelpomp in werkende toestand. Een kamp is toegerus met ‘n sinkdam en sonkragpomp.
Plaas het ‘n Waterkwota met permit vir 148.78m³ per 24 uur vir besproeiing uit die Vaalrivier. Volledige 32KW pomp en besproeiingstelsel vir besproeiing. Pekanneute is baie gewild in hierdie omgewing en kan ook aangeplant word.
Die omheining en binnekampe is gespan met met doringdraad wat in goeie toestand is. Gedeelte is reeds toegespan met wilddraad.  Kragvoorsiening vanaf ESKOM.  Selfoon en internet ontvangs. Geen Telkom lyne nie.  Rivierfront van ongeveer 600m.
Woonhuis van ongeveer 406m² met 4 slaapkamers – ingeboude kaste en een met aantrekkamer, 2 badkamers – met aparte toilette, 2 sitkamers – een met kaggel, eetkamer, kombuis met spens, opwaskamer, naaldwerkkamer met baie kaste, kantoor, 2 stoepe en dubbelmotorhuis. Vloere is slasto en teels met ‘n gedeelte ondervloerse verhitting. Oop braaier en patio met groot onthaal area. Deure en vensters toegerus met diefwering en veiligheidshekke.
Slagkamer met 3x3m² instap koelkamer. Toegerus met lopende water en aparte drein. Losgoed en toerusting onderhandelbaar.
Bediende kwartier met slaapkamer, sitkamer, kombuis en badkamer is reg langs die woonhuis.
Oop stoor vir die stoor van trekkers en losgoedere of kan weer omskep word as skaapkraal vir tot 200 skape.
6 Werkershuise met lopende water, baksteenmure en sinkdakke.
Ideale Toerisme Plaas met o.a:
Daai Lekker Plek:
Word gebruik vir funksies en etes. Dit is toegerus met tafels, stoele, yskas, 3 toilette, stoorkamer, groot oopvertrek en stoep.
Hanzet Venue:
Gebou van 12m x 24m is op die grond wat aan die rivier front. Kan tot 120 persone akkommodeer met goed toegeruste ablusie en kombuisgeriewe. Inventaris op aanvraag. Word verkoop as ‘n lopende saak saam met die grond. Baie gewild onder studente van NWU, familie reunies, privaatfunksies.
Vlakvark Boskamp:
Toegerus met lopende water, donkie vir warm water, spoeltoilet, wasbak, bad, stort en kombuis. Geen krag. Ligte afkomstig van af ‘n inverter. Pragtig gelee in ‘n Witstinkhoutbos.
Route:
From Obaro for 20km on the Viljoenskroon road, turn left just past the Vaal River onto S646 for 9.3km. Farm on both sides.
GPS: S26.56658 E27.08678
Payment Terms:
5% Deposit plus 3.5% Buyers Commission and Guarantees within 60 days.
Navrae:
Clive Gardner Afslaers 018Â 290 9610
Hendrik Nel 082Â 491 8289