128ha Bosveld / Wild / Leefstyl Plaas Potchefstroom met Boskamp
Location: Potchefstroom
Die is ‘n prag boomryke bosveld plaas met Boskamp 10km vanaf die Mooirivier Mall in Potchefstroom met hoë drakrag!
Volledige toegeruste Boskamp met akkommodasie vir 16 mense. Die is ook ‘n ideale teelplaas vir vlaktewild & swartwitpense.
Lapa & Boma Braai met volledige Fasiliteite:
Die lapa is baie netjies en het ‘n ingeboude braai en vlekvrye staal wasbak asook dakwaaier en lugversorger. Klinkersteen mure, keramiek teëlvloere en ‘n grasdak.
Die Boma Braai het klinkersteen mure reg rondom vir windbeskerming, ‘n beton vloer en het ook ‘n ingeboude braai met vuurmaakplek. Daar is ook ‘n vlekvrye staal opwasbak met lopende water.
Toegeruste slagkamer met koelgeriewe. 3 Gronddamme asook 2 toegeruste boorgate waarvan 1 met ‘n dompelpomp & 1 met ‘n monopomp. Eskom krag. Plaas is volledig omhein. Grond landingstrook van 900m vir ligte vliegtuie onder 3500kg.
Wild op die plaas o.a:
Rooiribbokke, Blesbokke, Kalahari Springbokke, Rooibokke, Gemsbokke, Volstruise asook klein wild o.a Duikers.
Akkomodasie vir 16 mense o.a:
Chalet 1: 2 Persone (15m²) – Het ‘n dakwaaier. Het nie eie badkamer nie, maar daar is ‘n chalet reg langsaan ‘n aparte badkamer vir gebruik deur hierdie chalet se inwoners.
Chalet 2: 2 Persone (30m²) – Bestaan uit ‘n slaapkamer, badkamer & kombuis area. Die chalet het ‘n lugversorger in. Aparte badkamer wat van buite toeganklik is, wat deur chalet 1 se inwoners gebruik word.
Chalet 3: 8 Persone (48m²) – Die chalet is in twee eenhede ingedeel wat elk 4 persone kan huisves, elk met sy eie badkamer en kombuis area. Beide eenhede het ‘n lugversorger in.
2 Tente: 2 Persone per tent
Al die chalets het klinkersteen mure, keramiek teëlvloere, en ‘n grasdak.
Boomryke plaas o.a:
Kameeldoring, Kameelboom, Soetdoring, Wilderosyntjie, Blinkblaar (Wag-‘n Bietjie), Deurmekaarbos & Witstinkhout.
Roete:
Vanaf Potchefstroom 10 km op die Viljoenskroon teerpad.
GPS: S26 ̊ 47’24.1″ O27 ̊ 05’35.1″
Betalingsvoorwaardes:
10% Deposito plus 7% Afslaers kommissie en Waarborge binne 30 dae.
Navrae:
Clive Gardner Afslaers 018 290 9610
Hendrik Nel 082 491 8289