Laaste 4 Erwe op die Mooirivier (2 met huise) totaal 8x Erwe

Auction Date:Fri 13 March 2020 at 12:00

AUCTION DATE: Fri 13 March 2020 at 12:00
AUCTION DATE: Fri 13 March 2020 at 12:00

Die laaste 4 erwe op die Mooirvier waarvan 2 met huise.

Daar is totaal 8 erwe.

Moet nie die geleentheid misloop nie!

Die eienaars tree af en verhuis na Pretoria.

LAASTE 4 ERWE OP DIE MOOIRIVIER:

  1. Erf 624 (Lig blou) – 626m²
  2. Erf 623 (Pienk) – 558m² – Huis
  3. Erf 620 (Donker blou) – 688m² – Huis
  4. Erf 619 (Rooi) – 415m²

DIE ANDER 4 ERWE HET TOEGANG TOT 3700M² RIVIER PARK:

  1. Erf 625 (Oranje) – 572m²
  2. Erf 622 (Groen) – 498m²
  3. Erf 621 (Pers) – 498m²
  4. Erf 618 (Geel) – 434 m²

‘n Argiteksontwerpte drieverdiepinghuis gebou op die wal van die Mooirivier met ‘n mooi uitsig op die rivier en plantegroei.

Erf se oppervlakte is 558vk m en met ʼn ekstra tuin oppervlakte na die rivier van omtrent 960 vk m met ’n 23m rivierfront op die 3,700vk.m park.

Aan die noordekant van die woonhuis is twee leë erwe met n oppervlakte van 613vk m plus 613 vk m wat tans deel van die tuin is.  Een is geleë aan die Mooirivier met ‘n ekstra tuin na die rivierkant van omtrent 1,080 vk m en ‘n 23m rivierfront op die 3,700 vk m park.

Tuin bestaan uit ‘n groot verskeidenheid eksotiese plante met groot bome soos Wilger-, Witstinkhout-, Watersipresbome en heelwat Broodbome. ʼn Goed beplande ondertuin van aangepaste struike en blomplante gee dit die voorkoms van ʼn botaniese tuin.

 Woonhuis met goed geïsoleerd teëldak is buite en binne gebou met sierstene en die ruite is 6mm dik.

 Vloeroppervlak bestaan uit veelkleurige leiklipteëls – elkeen is n unieke kunswerk.

 3x Slaapkamers en verskeie ander kamers wat ook herbeplan kan word na ʼn 6 slaapkamer woning.

Onderdak oppervlakte is 467 vk m.

GRONDVERDIEPING:

‘n Oopplan leefarea wat bestaan uit: Sitkamer met ʼn unieke Apiesdoring skaalhoutplafon,   eetkamer, woonkamer met 180 grade uitsig na die rivier en tuin, TV ruimte, oopplan kombuis met rooshout kaste met veelkleurige granietblaaie. Eilandkas met ontbytblad. Plafon van besonderse skoonvlakbeton.

Ingangsportaal: dubbelruimte

Staal- en houtwenteltrap na boonste verdiepings.

Slaapkamer met eie badkamer en aparte stort en toilet met handewasbak.

Ruim Ateljee wat ook omskep kan word in ‘n slaapkamer.

Ruim dubbelgarage met deurry afdak agter.

Pakkamer buite.

Kantoor met ‘n panoramiese uitsig van 270 grade op die rivier en tuin.

Ruim stoep met gedeelte onderdak aan die rivierkant. Groot ingeboude binne- en buitebraai.

Buitetoilet met wasbak.

Opwas.

Stoep met glasveseldak by die kombuis met pakkamer.

Groot siersteen geplaveide areas met skermmure.

EERSTE VERDIEPING:

Hoofslaapkamer met sitruimte en eie badkamer, aparte stort, toilet met wasbak en instapkas.

Spaarkamer met algemene badkamer

Ingangsportaal: dubbelruimte wat van ʼn vloer voorsien kan word vir ‘n ekstra vertrek soos ‘n
slaapkamer.

TWEEDE VERDIEPING:

Studeerkamer wat ook as ʼn slaapkamer gebruik kan word en met ʼn balkonnetjie

Plafon van besonderse Apiesdoringhoutplanke.

Visdamme X 2 met filter en nog n vlakdam.

Tuin met rekenaarbeheerde besproeiïngstelsel.

Sonkrag panele en herlaaibare batterye.

2x Gemotoriseerde toegangshekke.

Veiligheidsbeskerming binne en buite gekoppel aan die reaksie-eenheid van Mooirivier Beskerming.

Gronddam voor die rivier wat suggrondwater opvang.

Die erwe & huise word afsonderlik en gesamentlik opgeveil.

VIEWING:

  • Friday, 6 March from 11:00 – 13:00
  • Thursday, 12 March from 17:00 – 18:00

PAYMENT TERMS:

Farms: 5% Deposit plus 3.5% Auctioneers Commision and Guarantees within 60 days

ENQUIRIES:

Clive Gardner Afslaers 018 290 9610

Hendrik Nel 082 491 8289

Dandré Nel 076 503 7900

 

City:Dist Potchefstroom
Auction Date:Fri 13 March 2020 at 12:00