186ha & 56ha Vaalrivier Leefstyl / Bees / Wild Plase geleë in die Vredefortkoepel Wêreld-erfenis gebied asook 70 Wit Brahmane

Auction Date:Fri. 17 April 2020 at 11:00

AUCTION DATE: Fri. 17 April 2020 at 11:00
AUCTION DATE: Fri. 17 April 2020 at 11:00

Beautiful farms with panoramic views on the Vaal River!

186HA PLAAS BET-EL

Plaas met prag uitsigte oor berge.  ±600m aan die Vaalrivier met ‘n 208m³ watergebruik permit uit die Vaalrivier vir besproeiing.  12 Weidingskampe.  18ha Aangeplante smutsvinger & 30ha droë lande.  2 Toegeruste boorgate (beide toegerus met sonkrag),  sinkdam & 3 krippe.  3 Krale.  Drukgang met nekklamp & laaiplatvorm. Klipstoor & arbeidershuis.

Besonderse geologie wat berge en vlaktes insluit.  Panoramiese uitsig omsoom deur berge tot 305 m hoog.  Potensiële wildsplaas met wildplase aan beide kante en die twee lang grense bestaan uit wildheinings.

Wild: Koedoes, elande, ribbokke, steenbokke, vlakvarke, ystervarke, bobbejane, blouapies, water- en berglikkewane, otters, visse en ‘n groot aantal voëls soos die Visarend (± 400 spesies).

Plantegroei: Groot verskeidenheid bome, struike en grassoorte wat die Vredefortkoepel landskap kenmerk as erfenis terrein.

57HA PLAAS SLANGKOP

 Plaas met prag uitsigte oor berge.  ±530m aan die Vaalrivier met ‘n 172m³/24uur waterpermit vir die Pekanneut boomaanplanting van 600 bome op 6ha onder drupbesproeiing. Woonhuis op die wal van die Vaalrivier.  Buitegeboue, arbeidershuis en klipkraal.  Groot selfvoerder met kraal.  Boorgat met elektriese dompelpomp.  Elektriese 3 fase Eskom aansluiting.  Pomp 15 KW 380V wat water pomp uit die Vaalrivier.

Die plaas is aan weerskante van ʼn berg, met n panoramiese uitsig, met n groot verskeidenheid bome soos: Kaapse Kastaiing-, rooi-ivoor-, olienhout bos-, doring-, witstinkhout-, karee-, taaibos-, blinkblaar-wag-’n-bietjie-, bloubos en vaalwilgerbome, ens. Meer as 40 boomsoorte is geïdentifiseer, asook baie verskillende grassoorte en struike.

Wild wat vry rondloop: Koedoes, elande, ribbokke, steenbokke, ystervarke, vlakvarke, rooikatte, jakkalse, blouapies, muishonde, musseljaatkatte, berg- en rivierlikkewane, otters, visse, ens en ‘n groot verskeidenheid voëls soos Visarende en omtrent 400 ander soorte.

20km from Parys and 43km from Potchefstroom

70 Wit Brahmane op Aanbod:

  • 36 Koeie en Kalwers
  • 10 DragtigeKoeie
  • 10 Dragtige Verse
  • 8 Koeie
  • 5 Verse
  • 1 Bul

ROUTE:

56HA:

From Parys 3km on the Vredefort road turn right onto the Schoemansdrif road for 7km, turn right at the t-junction and drive for 8km to the farm.

186HA:

Follow the same as to the 56ha.  From the t-junction drive for 11km tot the farm.

PAYMENT TERMS:

5% Deposit plus 3.5% Auctioneers Commission and Guarantees within 60 days.

NAVRAE:

Clive Gardner Afslaers 018 290 9610

Hendrik Nel 082 491 8289

Dandré Nel 076 503 7900

City:Dist Vredefort
Auction Date:Fri. 17 April 2020 at 11:00